Inligting / Information

Wie is ons

Ek het grootgeword met ouers wat kreatief is en maak ek, my man en my ouers baie van die produkte self.  

Verder het ek vriendinne wat hand bysit en dan probeer ek waar ek kan ander plaaslike kreatiewe mense ondersteun deur van hulle produkte ten toon te stel.

Ek het nog altyd 'n sagte plekkie vir 'n skapie,  vandaar die naam handgeskaap!  

 

 

Bestelling en betaling

U kan u bestelling plaas per WhatsApp (0832882578) of epos handgeskaap@gmail.com

Ek sal dan u bestelling bevestig en dan  'n faktuur stuur wat die beskikbaarheid van die produkte aandui, aantal dae voor aflewering sal geskied, asook die afleweringskoste.  

Betaling moet binne 24uur na bestelling ontvang word, anders word bestelling gekanselleer.

 

Afleweringstyd

As die produkte in voorraad is, sal pakkie binne 2-4 werksdae gestuur word nadat betaling ontvang is. Indien dit eers gemaak moet word, sal die pakkie 7 tot 10 werksdae neem voordat dit gestuur word.

Bestellings (buite Bloemfontein)

Ons gebruik The Courier Guy vir aflewerings.  Kostes beloop ongeveer R85 - R150 per pakkie afhangende van grootte en gewig en is nie ingesluit nie.  

 

 

Kostes sal per epos / WhatsApp bevestig word saam met u bestelling

 

 

Winkel 

Winkel 4a, Tuinpark
16 Blouberg laan, Langenhovenpark

Bloemfontein

 

gallery/skaap